Dringende roep tot bekering

Preekskets:

Ons kom in die boek Jona te staan voor ons rentmeesterskap in diens van die HERE. Die HERE gebruik mense om sy koninkryk te bou.

Ons sien hoe die HERE met en deur Jona werk. Hy wil nie, omdat hy van die HERE verskil. Die HERE het die heidene van Nineve lief en wil hulle bestaan oorbring van die duisternis na die lig. Jona verafsku hierdie vyand van sy volk en smag daarna om te sien hoe die stad en sy mense verwoes word.

Nineve is inderdaad die onheilige en wêreldstad wat die boosheid uitstraal. Dit is die plek van Satan se troon.

Jona moet daarheen gaan met net die woord van die HERE. Die res kan rustig oorgelaat word aan God self, want sy woord is kragtig en sterk. Dit is die woord wat vervul is in die Woord, Jesus Christus. Hy werk deur sy Gees en het die mag om die harte van mense uit te haal en ‘n Geesvervulde hart in te plant. Dit is die wonder wat God deur Jona bewerk het.

Dieselfde woord van die HERE is aan ons toevertrou. Ons word daarmee gestuur na die mense wat in die wêreld is. God het hulle lief en Hy gebruik ons om hulle dringend tot bekering te roep. Dit is ‘n oproep na Jesus Christus, die Woord, wat lewe gee aan elkeen wat in Hom glo.

Video Opname:

Oktober 20, 2024

n

Ander Preke: