Jesus Christus, die Slaaf, maak ons verloste konings

Preekskets:

So dikwels smag jy daarna om net nog ‘n bietjie verder in die geheimenisse van God se woord ingelei te word. Dit is wat in Johannes 13 gebeur. Die tyd is die aand voor die pasga, die fees wat in Christus sy vervulling vind. Jesus en al twaalf dissipels sit aan tafel. Nadat Hy in ‘n kort gesprek met hulle gehad het, het Hy as Gasheer begin om sy dissipels se voete te was. Die rede hiervoor: “Omdat Hy sy eie mense in die wêreld liefgehad het, hulle liefgehad het tot die einde toe”. Nou kry die fees van nagmaal dieper betekenis. Die fees van pasga gaan oor in die fees van nagmaal. Die lam(mers) van die paasfeeste word deur die een Lam (volmaak en sonder gebrek) van diè paasfees op Golgota vervul. Soos die bloed van die lammers aan die deurposte die doodsengel laat verbygaan het, so handel die Lam met sy eie mense. In sy liefde tot die einde, reinig Hy hulle volkome van alle sonde. Hy hef sy eie mense op om as konings in sy diens te staan en sy liefde teenoor ander uit te leef.

Video Opname:

Augustus 25, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.