Hou “goeie” moed – Jesus se toekomsopdrag vir jou en my!

Preekskets:

Ons het die jaar 2025 betree. Watter lotgevalle wag op ons? Dit is onbekend. Aan die een kant is ons verseker van negatiewe dinge soos moord, verval, siekte, ongelukke, dood, mislukkings en talle ander dinge. Aan die ander kant is daar die verwagtinge en uitdagings en opgewondenheid oor Skool, Universiteit, ‘n beroep, ‘n huweliksbevestiging, reise en baie meer.

Jesus se dissipels het voor ‘n onbekende tyd te staan gekom. Dit was die vooraand van Jesus se vervolging, tog was hulle in die bokamer waar Jesus die nagmaal ingestel het. Nagmaal, die sakrament van verlossingsekerheid en tog wag die verskikking van die kruis op Hom.

Natuurlik raak dit die dissipels in hulle diepste wese. Hy weet dit! Vandaar die bemoediging: “Hou moed!

Vir ons op ons toekomspad. Die Here praat: “Hou moed!” Dra hierdie bemoediging met jou saam in 2025. Hy kan dit sê omdat Hy die LIg is wat ons met sy Gees op helder bane lei.

Video Opname:

Januarie 5, 2025

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?