Preekskets:
Twee Bybeltekste so eenders: “saam met Hom gekruisig…”. Die een verhaal is diè van drie duidelike kruise met drie verskillende persone wat daaraan vasgespyker is. Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?
Die ander preek kom uit die mond van Paulus. Hy praat van “ons”, ons ou mens wat saam met Christus gekruisig is. Die gevolg hiervan: ons sondige bestaan is tot niet gemaak en ons is vry van die sonde.
Hoe raak dit jou en my? Sy bevinding is: As ons saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal leef. Leef jy saam met Christus?