CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Preekskets:

Twee Bybeltekste so eenders: “saam met Hom gekruisig…”. Die een verhaal is diè van drie duidelike kruise met drie verskillende persone wat daaraan vasgespyker is. Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?

Die ander preek kom uit die mond van Paulus. Hy praat van “ons”, ons ou mens wat saam met Christus gekruisig is. Die gevolg hiervan: ons sondige bestaan is tot niet gemaak en ons is vry van die sonde.

Hoe raak dit jou en my? Sy bevinding is: As ons saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal leef. Leef jy saam met Christus?

Video Opname:

April 13, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.