Kersprogram van die Nuwe Testament – die fees van lofsange

Preekskets:

Die Desember uitgawe van Die Kerkblad behandel die lofsange rondom Christus se koms na die aarde. Hy is gebore uit die maagd Maria. In ‘n bundel van ses lofsange word God se grootheid besing:

Mense sing en engele sing.

– Maria sing (Lukas 1:46-48)

– Sagaria sing (Lukas 1:67-69)

– Simeon sing (Lukas 2:29 – 32)

– Engele sing (Lukas 2:14)

– ’n Hemelkoor sing (Openbaringe 5:9-14

Hierdie aangrypende en betroubare beskrywing van gebeure, vul elke gelowige met verwondering. Dit is ‘n verwondering waaraan uiting gegee moet word. Die Woord van God nooi ons uit om aan die verwondering gestalte te gee deur saam te sing en te luister na God se kersprogram vir sy kerk. Met woord en lied neem Hy ons saam op die reis om sy verlossingsplan waar te neem en daarin te deel met geloofsoorgawe. Sy lofliedere word ons belydenis.

Video Opname:

Desember 29, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.