Kersprogram van die Nuwe Testament – die fees van lofsange

Preekskets:

Die Desember uitgawe van Die Kerkblad behandel die lofsange rondom Christus se koms na die aarde. Hy is gebore uit die maagd Maria. In ‘n bundel van ses lofsange word God se grootheid besing:

Mense sing en engele sing.

– Maria sing (Lukas 1:46-48)

– Sagaria sing (Lukas 1:67-69)

– Simeon sing (Lukas 2:29 – 32)

– Engele sing (Lukas 2:14)

– ’n Hemelkoor sing (Openbaringe 5:9-14

Hierdie aangrypende en betroubare beskrywing van gebeure, vul elke gelowige met verwondering. Dit is ‘n verwondering waaraan uiting gegee moet word. Die Woord van God nooi ons uit om aan die verwondering gestalte te gee deur saam te sing en te luister na God se kersprogram vir sy kerk. Met woord en lied neem Hy ons saam op die reis om sy verlossingsplan waar te neem en daarin te deel met geloofsoorgawe. Sy lofliedere word ons belydenis.

Video Opname:

Desember 29, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?