Jesus Christus se onmenslike lyding in ons plek

Preekskets:

Ons bely in die Heidelbergse Kategismus Sondag 15: “Dat Christus na liggaam en siel tydens sy hele lewe op aarde, maar veral aan die einde daarvan, die toorn van God teen die sonde van die hele menslike geslag gedra het…” Lukas trek die gordyn vir ons oop oor een van die aspekte van sy vernederende liggaamlike lyde in ons plek.

  • Die regterlike uitspraak is suiwer en duidelik: Ek vind geen skuld in die mens nie.
  • Die druk van die massa is ewe duidelik: Luidkeëls eis hulle die vloekdood van die kruis vir die Onskuldige!

Die plan van die swakkeling op die regbank – ek sal Hom laat gesel en dan vrylaat. Die stem van die massa kry die oorhand. Hy word oorgelewer. Die profesieë van die Ou Testament is vervul.

‘n Vreugdeboodskap vir ons: Die liggaamlike lyde was in ons plek (plekbekledend). Die sonde het nie alleen skuld op ons gewerp nie, maar ons besmet en ons aangetas en vermink. Die beeld van God is onherkenbaar versplinter en ons persoon is lelik. Die verhouding met God is verbreek. Die kroon van die skepping lê in die modder. Uit hierdie menslik onomkeerbare verminking, het Hy genesing gebring. Selfs ons verhouding met God ons Skepper is herstel. Ons kan lewe as kinders van die lewende God in ‘n donker wêreld.

Video Opname:

Maart 23, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.