God se “pad” van genade begin nie by ons keuse nie, maar by sy belofte. Wanneer ’n kind gedoop word, sê God self: “Ek is jou God, en jy behoort aan My” (Hand. 2:39). Die doop is dus die begin van ’n geloofsreis — ’n sigbare teken dat die Here sy verbond van genade ook met ons kinders oprig.
Hervorming Sondag
Elkeen wat in Jesus Christus glo, ontvang deur sy Naam vergewing van sondes.
Hoekom is dit belangrik om vergewing vir jou sondes te ontvang…? Vir iemand wat nie ’n besef van sonde het nie, is hierdie vraag totaal irrelevant. Want, wat sal ’n ongelowige of ateïs enigsins laat dink aan die nagevolge van sonde as hulle nie glo dat daar so iets soos ’n God is wat sonde straf nie?