Ds. Riaan Andersen

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

In Eksodus 17 bring die Here sy volk volgens sy eie bevel na ’n plek sonder water. Refidim is nie ’n ongeluk nie, maar ’n goddelike ontmoeting. Israel se dors wys die toestand van hulle hart — hulle verwyt Moses en vra: “Is die HERE in ons midde of nie?” (v.7). Hierdie vraag is nie net onsekerheid nie, maar is die diepste wortel van ongeloof. Dit is om God se karakter, trou en nabyheid te bevraagteken.

Christus: Die Hemelse Brood vir ’n honger volk.

In Eksodus 16 bring God sy volk die woestyn in – nie om hulle te straf nie, maar om hulle te leer. Die volk kla omdat hulle honger is, en dan antwoord die Here met genade: “Kyk, Ek gaan vir julle brood uit die hemel laat reën…” (v.4) So openbaar Hy Homself as die God wat voorsien, selfs wanneer sy volk mor.

Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.

Israel staan vasgekeer tussen die Farao se leër en die Rooi See — vasgevang tussen doodsvrees en waters van verlossing. Verblind deur vrees en twyfel kla hulle teenoor Moses en die Here, maar die Here antwoord hulle deur sy dienaar: “Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk.” (v.13)

Christus se heerlikheid vul dissipels se leemte met geloof.

Uit Johannes 1 het ons gesien hoe dissipelskap van Christus wel behels om sy volgeling te wees, maar in besonder ook om vir ander te sê: “Kyk, daar is die Lam van God.” Dit is sodat hulle wat na Hom toe kom, deur Homself aangeraak kan word om sy volgelinge te word.

Christus roep, ken en gebruik sy ampsdraers.

By ’n bevestigingsdiens kyk ons nie na mense se bekwaamheid nie, maar na Christus wat roep en toerus. Johannes 1:43–51 wys hoe Jesus dissipels roep – en dit leer ons ’n paar beginsels vir die bediening van ouderlinge en diakens.