Genesis 5:1-3; Johannes 3:1-16
Doop
Van Doop tot Belydenis – God se genadeplan van geloofsvorming, deur sy Woord en Gees.
God se “pad” van genade begin nie by ons keuse nie, maar by sy belofte. Wanneer ’n kind gedoop word, sê God self: “Ek is jou God, en jy behoort aan My” (Hand. 2:39). Die doop is dus die begin van ’n geloofsreis — ’n sigbare teken dat die Here sy verbond van genade ook met ons kinders oprig.
Kyk, die Lam van God! – Hy roep ons en ons kinders tot dissipelskap.
In hierdie gedeelte uit die evangelie van Johannes, sien ons die evangelis se eerste getuienis oor Jesus se bediening. Johannes die Doper wys twee keer na Jesus en sê: “Kyk, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.”
Die evangelie roep ons tot deelname.
In 1 Korintiërs 9 sê Paulus dat hy “dit alles” doen ter wille van die evangelie, sodat hy ook daarin kan “deel”.
Besnydenis – doop – verlossing – geloof…. Dit is die Here wat hierdie dinge doen.
Ons het sovêr in Handelinge gesien hoe die kerk van die Here gegroei het deur tye van voorspoed en druk, en hoe die evangelie stelselmatig versprei na die uithoeke van die aarde. Dit het begin by een gemeente in Jerusalem, maar nou sien ons hoe daar reeds verskeie gemeentes tot stand gekom het.
Die doop. ’n Teken en seël van my redding in Christus.
Hoekom doop ons nog die klein kindertjies? Is dit nie ’n keuse wat hulle self behoort te maak nie?
Streef daarna om Christus te ken, want Hy het jou reeds sy eie gemaak.
Paulus beklemtoon hoe dit Christus is wat ons reeds syne gemaak het, en daarom streef ons met ywer daarna om van harte vir Hom te lewe. Daar is net een pad, en dit is vorentoe na Christus toe.
PRIESTER VAN DIE HERE VOLUIT IN PAS MET DIE HEILIGE GEES
Die een groot eienskap van ‘n priester is dat hy dien! Hierdie dienswerk word gekenmerk deur drie deugde wat deel uitmaak van die vrug van die Gees. Dit is: lankmoedigheid, vriendelikheid en goedheid. Maar wat is dit? Hoe raak dit jou en my lewe?