Belydenis

Elkeen wat in Jesus Christus glo, ontvang deur sy Naam vergewing van sondes.

Hoekom is dit belangrik om vergewing vir jou sondes te ontvang…? Vir iemand wat nie ’n besef van sonde het nie, is hierdie vraag totaal irrelevant. Want, wat sal ’n ongelowige of ateïs enigsins laat dink aan die nagevolge van sonde as hulle nie glo dat daar so iets soos ’n God is wat sonde straf nie?

Om Christus te bely is ’n genadegawe van God.

Hervorming, is om jou belydenis oor Jesus Christus ernstig op te neem. Dit gaan alles oor Hom. Hy is die Seun van die lewende God. Hy is die Hoof van sy kerk. Hy is die Woord van God.