Skrifgedeelte:
Skrifgedeelte: Romeine 10: 5 – 21 (2020)
Fokusverse: Romeine 10: 9, 10 en 17
Liturgie:
Vooraf
Inleiding oor Hervorming;
Ontmoetingsdiens
Intreelied: Psalm 33-1: 1 en 5 (Tweede Melodie); Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 98-1: 1 en 4; Geloofsbelydenis (12 Artikels);
Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1 – 17 (2020); Verootmoedigingslied: SB. 2-4: 1, 2 en 3;
Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking; Belydenis van geloof; Bevestiging van diaken; Seënbede: Psalm 134-1: 4;
Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: SB. 12-2: 1, 4 en 5; Uitstuurseën.
Preekskets:
Ons volg in Romeine 9 tot 11 steeds die groot vraag: Het God se Woord en sy beloftes gefaal omdat Israel Christus verwerp het?
In die eerste preke het ons gehoor dat God se Woord nie gefaal het nie, dat God nie onregverdig is nie en dat Israel oor Christus gestruikel het omdat hulle hulle eie geregtigheid probeer vestig het.
Hierdie week beweeg Paulus verder. In Romeine 10:5-21 verduidelik hy hoe ’n mens God se geregtigheid ontvang: nie deur op jou eie prestasies te vertrou nie, maar deur met jou hart in Christus te glo, Hom as Here te bely en sy Naam aan te roep.
Paulus wys ook waarom die verkondiging van die evangelie so belangrik is: mense moet Christus hoor om in Hom te kan glo. Tog beteken dit nie dat almal wat die Woord hoor, dit noodwendig gelowig aanvaar nie.
Met ons herdenking van Hervormingsdag, terwyl twee katkisante belydenis van geloof aflê en ’n diaken bevestig word, staan dieselfde waarheid sentraal: Ons hoop rus nie op ons eie verdienste of vermoë nie, maar op Jesus Christus. Ons bely Hom as Here en dien Hom uit dankbaarheid vir sy genade.
Vra jouself: Hoe kry my geloof gestalte in my dankbaarheidslewe? Weerspieël my lewe dit wat ek bely?
