Skrifgedeelte:
Skrifgedeelte: Romeine 9: 30 – 10: 4 (2020)
Fokusverse: Romeine 10: 3 en 4
Liturgie:
Ontmoetingsdiens
Intreelied: Psalm 100-1: 1, 2 en 3; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 71-1: 1, 2 en 12 (Tweede Melodie); Geloofsbelydenis (12 Artikels);
Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1-17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 130-1: 2, 3 en 4 (Derde Melodie);
Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;
Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: SB 5-4: 1, 2, 3 en 6; Uitstuurseën. (Amen – SB 13-3)
Preekskets:
Ons volg in Romeine 9 tot 11 steeds een groot vraag: Het God se Woord en sy beloftes gefaal omdat Israel Christus verwerp het?
In die vorige twee preke het ons gesien: God se Woord het nie gefaal nie, en God is nie onregverdig nie. Nou bring Paulus die vraag nog nader: Waarom het Israel dan nie die geregtigheid ontvang waarna hulle gesoek het nie?
Aan die een kant het die nie-Jode geregtigheid deur geloof ontvang. Aan die ander kant, het Israel die wet nagejaag, maar nie geregtigheid daardeur ontvang nie, omdat hulle probeer het om hulle eie geregtigheid te vestig. Daarom het Christus vir hulle ’n struikelblok geword.
Dit bring die vraag selfs nog nader aan ons: Waarop probeer ek voor God staan?
My kerklidmaatskap? My Bybelkennis? My gehoorsaamheid? My goeie lewe? Of vertrou ek werklik op Christus alleen?
Goeie werke is nie verkeerd nie… Ons goeie werke is die vrug van geloof, maar nie die grond waarop God ons aanneem nie.
