Oggenddiens

Onrein lippe word deur God gereinig en tot diens geroep.

Jesaja se visioen en roeping vind plaas “in die sterfjaar van koning Ussia” — ’n oomblik van politieke en geestelike onstabiliteit. Juis dan sien die profeet die Here, hoog en verhewe, op Sy troon. Die serafs se drievoudige roep “Heilig, heilig, heilig” openbaar God as totaal anders, majestueus en heilig.

Jesus Christus, ons Here se stamboom is ewige evangelie

Terwyl hy daaroor nagedink het, het daar skielik ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om Maria as jou vrou by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees. Sy sal geboorte gee aan ‘n seun, en jy moet Hom Jesus noem, want Hy sal sy volk van hulle sondes verlos. ”

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

In Eksodus 17 bring die Here sy volk volgens sy eie bevel na ’n plek sonder water. Refidim is nie ’n ongeluk nie, maar ’n goddelike ontmoeting. Israel se dors wys die toestand van hulle hart — hulle verwyt Moses en vra: “Is die HERE in ons midde of nie?” (v.7). Hierdie vraag is nie net onsekerheid nie, maar is die diepste wortel van ongeloof. Dit is om God se karakter, trou en nabyheid te bevraagteken.