God het elke ledemaat op sy plek in die liggaam geplaas volgens sy besluit.

Skrifgedeelte:


1 Korintiërs 12: 1 – 31 (2020)
Fokusverse: 1 Korintiërs 12: 18

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Intreelied: SB. 12-3: 1 en 2; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 118-1: 1 en 12; Geloofsbelydenis;

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1 – 17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 130-1: 1 en 2 (Derde Melodie);

Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: SB. 12-2: 1 , 4 en 5; Uitstuurseën.

Preekskets:

So aan die begin van ʼn nuwe jaar herinner 1 Korintiërs 12 ons daaraan dat ons elkeen se plek in die gemeente nie toevallig is nie.

God self het elke lidmaat doelbewus in die liggaam van Christus geplaas, elk met ’n unieke roeping en waarde. Die gemeente van Christus is ʼn lewende liggaam waar geen ledemaat/lidmaat oorbodig is nie.

Om jou “voete te vind” in die gemeente beteken om met dankbaarheid te aanvaar waar God jou geplaas het, en om vanuit daardie dankbaarheid getrou te dien.

Video Opname:

Januarie 18, 2026

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.