Skrifgedeelte:
Maleagi 3: 1 – 4 en Lukas 1: 5 – 25; 57 – 80 (2020)
Fokusverse: Maleagi 3: 1a en Lukas 1: 17
Liturgie:
Ontmoetingsdiens
Intreelied: Lied 159: 1; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 98-1: 1 en 2; Geloofsbelydenis;
Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1 – 17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 119-1: 7 en 15 (Eerste Melodie);
Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;
Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: SB. 1-4: 1 , 2 en 4; Uitstuurseën.
Preekskets:
In hierdie preek kyk ons na God se “laaste woorde” in Maleagi 3:1–4 en die wonderlike vervulling daarvan in Lukas 1:5–25, 57–80.
Maleagi voorspel dat God ’n boodskapper sal stuur om die weg vir die Here self voor te berei. Ná hierdie profesie volg ’n stilte periode van 400-jaar. Geen profete, geen openbarings, net wag.
Tog is hierdie stilte nie God se afwesigheid nie, maar sy voorbereiding vir die koms van Christus. In Lukas 1 breek God die stilte dramaties wanneer Hy ’n engel na Sagaria stuur en die geboorte van Johannes die Doper aankondig – die vervulling van Maleagi se profesie.
Sagaria se stomheid simboliseer die eeue se stilte; sy eerste woorde ná Johannes se geboorte kondig aan dat God sy volk besoek het en die Messias op pad is.
Wat ons hieruit leer is dat: wanneer God stil “lyk”, Hy steeds getrou werk.
Kersfees herinner ons dat God se antwoorde in die volheid van die tyd kom. Sy tyd! Ons word geroep om, soos Johannes, die weg vir Christus in ons harte en in die wêreld voor te berei. Om te verkondig: God is nie stil nie… Christus sal weer kom.
