Onrein lippe word deur God gereinig en tot diens geroep.

Skrifgedeelte:

Jesaja 6: 1 – 8 (2020)

Fokusverse: Jesaja 6: 5 – 7

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Intreelied: Lied 169: 1 en 2; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 99-1: 1, 3 en 5; Geloofsbelydenis;

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1 – 17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 51-2: 1 en 5;

Woorddiens
Gebed; Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Lied 308: 1, 2, 3 en 5; Uitstuurseën.

Preekskets:

Jesaja se visioen en roeping vind plaas “in die sterfjaar van koning Ussia” — ’n oomblik van politieke en geestelike onstabiliteit. Juis dan sien die profeet die Here, hoog en verhewe, op Sy troon. Die serafs se drievoudige roep “Heilig, heilig, heilig” openbaar God as totaal anders, majestueus en heilig.

Hierdie ontmoeting bring nie selfvertroue nie, maar self-ontmaskering. Jesaja roep uit: “Wee my, want ek is verlore!” Voor God se heiligheid ontdek hy sy eie onreinheid. God se lig ontbloot, maar dit vernietig nie – dit berei voor.

God self neem die inisiatief om te reinig. ’n Gloeiende kool van die altaar raak Jesaja se lippe aan, en God verklaar: “Jou sondeskuld het gewyk.” Hierdie reiniging wys vooruit na Christus, die ware Altaar, deur wie se offer sonde nie bloot ontken word nie, maar totaal weggeneem word. Voorbereiding vir die Nagmaal begin daarom nie by ons optrede nie, maar by God se genade.

Eers ná reiniging kom roeping: “Wie sal Ek stuur?” Jesaja antwoord uit dankbaarheid: “Hier is ek, stuur my!” Sy ontmoeting met die heilige God lei nie tot onttrekking nie, maar tot sending.

Hier leer ons: voete by die tafel”, begin by stilstand voor God, wat reinig en stuur vir diens.

Video Opname:

Februarie 1, 2026

n

Ander Preke: