Uit genade gee God aan elkeen gawes wat bedoel is om Hom te verheerlik.

Skrifgedeelte:


Romeine 12: 1 – 8 (2020)
Fokusverse: Romeine 12: 1 en 6a

Liturgie:

Ontmoetingsdiens
Intreelied: Lied 190: 1 en 3; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 116-1: 1, 9 en 10; Geloofsbelydenis;

Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Romeine 12: 9 – 21 en 13: 8 – 14 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 40-1: 4 en 5 (Tweede Melodie);

Woorddiens
Gebed; Skriflesing; Prediking;

Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: Psalm 100-1: 1 , 2 en 4; Uitstuurseën.

Preekskets:

Met die tema van “Voete Vind”, het ons in 1 Korintiërs 12 gesien dat God elkeen van ons doelbewus plaas, waar Hy ons wil hê in die liggaam van Christus. Elkeen het ʼn unieke roeping en waarde, en niemand is oorbodig of sonder plek of doel nie.

Om jou “voete te vind” in die gemeente beteken om met dankbaarheid te aanvaar waar God jou geplaas het, en om vanuit daardie dankbaarheid getrou te dien.

Dit is wat Paulus dan in Romeine 12 aanraak as hy prakties begin handel oor hoe mens jou gawes in die liggaam van Christus behoort aan te wend.

Romeine 12 herinner ons dat Christelike diensbaarheid nie by aktiwiteite begin nie, maar by oorgawe aan God. Op grond van God se barmhartigheid, roep Paulus gelowiges op om hulle hele lewe as ’n lewende offer aan die God oor te gee.

Hierdie toewyding vra ’n vernuwing van ons denke, sodat ons nie meer volgens wêreldse maatstawwe van sukses en erkenning leef nie, maar volgens God se wil.

Met nuut gemaakte denke, en uit ’n opregte “oorgee aan God”, vloei genade-gedrewe diensbaarheid.

God gee uit genade aan elkeen gawes volgens sy wil, nie vir eie wins nie, maar tot opbou van die liggaam van Christus. Wanneer gelowiges hul gawes nederig en getrou gebruik, bou God sy kerk so op deur gehoorsame diens wat Hom verheerlik.

Video Opname:

Januarie 25, 2026

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.