Skrifgedeelte:
Eksodus 15: 1 – 21 en Openbaring 5: 11 – 12; 15: 1 – 4; 19: 5 – 9 (2020)
Fokusverse: Eksodus 15: 1, 2; Openbaring 5: 12; 15: 3; 19: 7
Liturgie:
Ontmoetingsdiens
Intreelied: Lied 184: 1 en 3; Votum; Groetseën; Loflied: Psalm 98-1: 1 en 3; Geloofsbelydenis;
Verootmoedig en versoeningsdiens
Wet: Eksodus 20: 1 – 17 (2020); Verootmoedigingslied: Psalm 118-1: 3, 7 en 8;
Woorddiens
Gebed;Skriflesing; Prediking;
Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Slotsang: SB. 5-3: 1 en 5; Uitstuurseën.
Preekskets:
Ná die Nagmaal herinner die Woord ons dat God se volk leef tussen twee groot liedere: die Lied van Moses ná die Rooisee (Eks. 15) en die Lied van die Lam by die see van glas (Openb. 15). Eksodus 15 begin met die verlossing deur die bloed van die lam en die oordeel oor Egipte, waar Israel sing: “2My krag en sterkte is die Here, en Hy was my redding.” Hierdie lied word uiteindelik vervolmaak in Openbaring 15, waar die kerk sing: “Groots en wonderbaarlik is u dade, Here God, Almagtige.” Die finale bestemming van God se volk is die Bruilofsmaal van die Lam (Openb. 19:7–9), waarvan die Nagmaal ’n voorsmaak is.
Christus is die Pasga-Lam, die Rots wat geslaan is, en die Bruidegom wat kom. Omdat Hy ons verlos het, roep Hy ons om met gehoorsame lof te leef (Eks. 15:21; Op. 19:5). Daarom moet die Woord van Christus ryklik in ons woon (Kol. 3:16–17), sodat ons nou al die lied van die Lam sing, terwyl ons wag vir die dag wanneer ons dit volmaak sal sing by die see van glas. Die belofte bly seker: Die lied wat hier begin het, sal Hy voltooi.
Deur Christus, Die Lam van God is ons verlos… vir lof… vir altyd!
