Elkeen wat in Jesus Christus glo, ontvang deur sy Naam vergewing van sondes.

Preekskets:

Hoekom is dit belangrik om vergewing vir jou sondes te ontvang…?

Vir iemand wat nie ’n besef van sonde het nie, is hierdie vraag totaal irrelevant. Want, wat sal ’n ongelowige of ateïs enigsins laat dink aan die nagevolge van sonde as hulle nie glo dat daar so iets soos ’n God is wat sonde straf nie?

Die vrae moet dus baie weier strek… “Waarvoor leef jy?”…. “Wat is die doel van jou lewe?”…. “Waarheen gaan jy wanneer jy sterf?”…. “Is jou sake agtermekaar?”…. “Het jy ’n testament wat voorsiening maak vir die afhandeling van jou boedel?”…. “Het jy ’n eksekuteur of advokaat aangestel om jou sake namens jou af te handel?”….

Hoekom pla dit jou as daar niks na hierdie aardse lewe vir jou is nie?” “As jy vir jou boedel voorsiening maak, hoekom maak jy dan nie voorsiening vir die lewe hierna nie?” “Wie of watter advokaat gaan intree vir jou en jou sake afhandel as jy na hierdie lewe voor ’n regter moet staan?”

….. is jou sake in orde?…. want dit bepaal die regter se uitspraak… dalk sal dit goed wees as jy ook weet waar om vergewing vir jou sondes te kry.

Video Opname:

Oktober 27, 2024

n

Ander Preke:

Die wil van die Here sal geskied.

Die wil van die Here sal geskied.

Hierdie verse in Handelinge 21 wys nie net Paulus se vasberadenheid nie, maar in besonder al die gelowiges se praktiese uitleef van die inhoud van die “Onse Vader” gebed.

God verwerf, versorg, en bou sy Kerk op.

God verwerf, versorg, en bou sy Kerk op.

In Paulus se afskeidsboodskap aan die ouderlinge van Efese is daar baie emosie betrokke. Hy verseker hulle dat hulle hom nie weer sal sien nie, en druk dit op hulle harte dat hulle verantwoordelik moet voortgaan met hulle bedieningsopdrag.