God Drie-enig maak ons rein.

Preekskets:

Hierdie gedeelte was reeds aan ons berig in Handelinge 10. Hoekom sou Lukas dit dan in soveel detail weer herhaal in hoofstuk 11?

Petrus sê self in 1 Petrus 3 vers 15: “Eerbiedig Christus as Here in julle harte, altyd gereed om julle te verantwoord teenoor elkeen wat van julle rekenskap eis oor die hoop wat in julle leef.

In Handelinge 11 is dit presies wat herhaal word. Petrus se antwoord oor die hoop wat in hom leef. Die feit dat God mense rein maak, ongeag wie hulle is.

Reinigingshandelinge was goed bekend vir die Jode. Maar hier leer hulle hoe God dit self op ’n besondere manier doen.

Video Opname:

November 3, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?