Die evangelie roep ons tot deelname.

Preekskets:

In 1 Korintiërs 9 sê Paulus dat hy “dit alles” doen ter wille van die evangelie, sodat hy ook daarin kan “deel”.

Hierdie “deel” is die bekende “koinonia” wat onderlinge meelewing onder gelowiges beskryf, maar in hierdie konteks selfs nog dieper. Paulus sê hy is ’n mede-deelnemer (sun-koinonos) in die evangelie.

In die ’53 vertaling word dit mooi as “deelgenoot” vertaal. Hierin lê vir ons ’n diep en ontsaglike ryk verklaring van hoe ons as gelowiges aktief saam deelneem in die evangelie van Jesus Christus.

Dis soveel meer as om net te glo. Dit is om jou geloof aktief uit te leef.

Soveel meer as om net “kennis te neem” van die “goeie nuus”. Dit is om in ’n lewende verhouding met die Here te wees. Om te begryp “wat” die goeie nuus is, werklik daaroor bly te wees, en uit jou hart uit daarna te streef om ander daaraan te laat deel kry.

Video Opname:

Maart 9, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.