Besnydenis – doop – verlossing – geloof…. Dit is die Here wat hierdie dinge doen.

Preekskets:

Ons het sovêr in Handelinge gesien hoe die kerk van die Here gegroei het deur tye van voorspoed en druk, en hoe die evangelie stelselmatig versprei na die uithoeke van die aarde. Dit het begin by een gemeente in Jerusalem, maar nou sien ons hoe daar reeds verskeie gemeentes tot stand gekom het.

En soos dit met mense gaan… is daar onsekerhede oor die hantering van “kerklike” sake. Verskillende gemeentes, ja, maar steeds Een Kerk van die Here. Daarom sien ons in Handelinge 15 die eerste “meerdere vergadering”. Dit is, ’n vergadering tussen twee gemeentes, waar afgevaardigdes saamkom om te besin oor ’n saak wat die “Kerk” van die Here in sy geheel raak.

Die wette van Moses… of nie. Besnydenis… of nie. Die vraag kom neer op: “Moet die gelowiges uit die heidendom steeds die wette van Moses nakom, soos die Jode dit al die jare gedoen het, t.w.v. verlossing?” Per implikasie is die vraag dan: “Moet enigiemand nog enige vorm van wette onderhou t.w.v. verlossing?” In ons konteks vandag kan die vraag gestel word as: “Moet my kind gedoop wees t.w.v. sy of haar verlossing?

Die vergadering in Jerusalem het by ’n baie sinvolle, en ’n baie waar antwoord uitgekom… “Dit is die Here wat hierdie dinge doen.”(v.17)

Video Opname:

Maart 2, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.