Besnydenis – doop – verlossing – geloof…. Dit is die Here wat hierdie dinge doen.

Preekskets:

Ons het sovêr in Handelinge gesien hoe die kerk van die Here gegroei het deur tye van voorspoed en druk, en hoe die evangelie stelselmatig versprei na die uithoeke van die aarde. Dit het begin by een gemeente in Jerusalem, maar nou sien ons hoe daar reeds verskeie gemeentes tot stand gekom het.

En soos dit met mense gaan… is daar onsekerhede oor die hantering van “kerklike” sake. Verskillende gemeentes, ja, maar steeds Een Kerk van die Here. Daarom sien ons in Handelinge 15 die eerste “meerdere vergadering”. Dit is, ’n vergadering tussen twee gemeentes, waar afgevaardigdes saamkom om te besin oor ’n saak wat die “Kerk” van die Here in sy geheel raak.

Die wette van Moses… of nie. Besnydenis… of nie. Die vraag kom neer op: “Moet die gelowiges uit die heidendom steeds die wette van Moses nakom, soos die Jode dit al die jare gedoen het, t.w.v. verlossing?” Per implikasie is die vraag dan: “Moet enigiemand nog enige vorm van wette onderhou t.w.v. verlossing?” In ons konteks vandag kan die vraag gestel word as: “Moet my kind gedoop wees t.w.v. sy of haar verlossing?

Die vergadering in Jerusalem het by ’n baie sinvolle, en ’n baie waar antwoord uitgekom… “Dit is die Here wat hierdie dinge doen.”(v.17)

Video Opname:

Maart 2, 2025

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….