Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe!

Preekskets:

Wat is daar wat ons meer kan doen as om God na regte te eer?

Efesiërs is vir ons ’n bekende boek, en tog, elke keer wanneer ons dit weer lees spreek dit opnuut tot die hart van elke gelowige.

Wat is my doel op aarde? Om God te prys!

Hoekom? Want Hy het my in Christus voorbestem om sy kind te wees.

Wat beteken dit vir my? Dat dit nog altyd God se plan was, en dat Hy dit so tot uitvoering bring in Christus.

Hoe leef ek nou? Verseker deur sy Heilige Gees dat ek vir ’n heerlike erfenis bestem is.

Daarom…….. Moet ek God prys!

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe!”

Video Opname:

Maart 16, 2025

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?