Elkeen wat in Jesus Christus glo, ontvang deur sy Naam vergewing van sondes.

Preekskets:

Hoekom is dit belangrik om vergewing vir jou sondes te ontvang…?

Vir iemand wat nie ’n besef van sonde het nie, is hierdie vraag totaal irrelevant. Want, wat sal ’n ongelowige of ateïs enigsins laat dink aan die nagevolge van sonde as hulle nie glo dat daar so iets soos ’n God is wat sonde straf nie?

Die vrae moet dus baie weier strek… “Waarvoor leef jy?”…. “Wat is die doel van jou lewe?”…. “Waarheen gaan jy wanneer jy sterf?”…. “Is jou sake agtermekaar?”…. “Het jy ’n testament wat voorsiening maak vir die afhandeling van jou boedel?”…. “Het jy ’n eksekuteur of advokaat aangestel om jou sake namens jou af te handel?”….

Hoekom pla dit jou as daar niks na hierdie aardse lewe vir jou is nie?” “As jy vir jou boedel voorsiening maak, hoekom maak jy dan nie voorsiening vir die lewe hierna nie?” “Wie of watter advokaat gaan intree vir jou en jou sake afhandel as jy na hierdie lewe voor ’n regter moet staan?”

….. is jou sake in orde?…. want dit bepaal die regter se uitspraak… dalk sal dit goed wees as jy ook weet waar om vergewing vir jou sondes te kry.

Video Opname:

Oktober 27, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.