Wees onderdanig aan mekaar, uit ontsag vir Christus.

Preekskets:

Uit Efesiërs het ons tot dusvêr geleer dat ons “EEN nuwe mensheid” in Christus is, en dat God ons roep om as sy kinders in die Lig (in Christus) te lewe. Dit beteken ons moet die “karaktereienskappe” van God ons Vader in Christus uitleef. Mens moet leef tot sy eer!

Maar alhoewel ons “een nuwe mensheid” is, verander dit nie die feit dat ons steeds as “mense” onderling verskil nie. Eenheid moenie misgis word met eendersheid nie. Ons verskil steeds in gawes, talente, persoonlikhede en selfs posisies van status in die samelewing. Een van die grootste verskille wat deur die wêreld aangevuur word, is “kultuur”. En ja, daar is inderdaad kultuurverskille waaraan mens kan vashou en op kan trots wees, want dit is hoe God ons geskape het. Net soos Hy ’n verskeidenheid van gawes gee.

Maar as “een nuwe mensheid”, het ons ook “een nuwe kultuur” wat strek oor al die ander grense. Dit is ’n Christelike kultuur. Dit wat ons van Christus leer in die Woord. En wanneer ons saamkom as Christene, wanneer ons KERK “IS” in die wêreld, dan behoort dit hierdie kultuur te wees wat sigbaar is. Binne-in hierdie Christelike kultuur, is daar ’n sekere manier hoe Christelike verhoudings behoort te funksioneer. En dit is wat Paulus in hierdie Skrifgedeelte uitlig.

“Wees onderdanig aan mekaar, uit ontsag vir Christus.”

Video Opname:

Junie 4, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.