Wees onderdanig aan mekaar, uit ontsag vir Christus.

Preekskets:

Uit Efesiërs het ons tot dusvêr geleer dat ons “EEN nuwe mensheid” in Christus is, en dat God ons roep om as sy kinders in die Lig (in Christus) te lewe. Dit beteken ons moet die “karaktereienskappe” van God ons Vader in Christus uitleef. Mens moet leef tot sy eer!

Maar alhoewel ons “een nuwe mensheid” is, verander dit nie die feit dat ons steeds as “mense” onderling verskil nie. Eenheid moenie misgis word met eendersheid nie. Ons verskil steeds in gawes, talente, persoonlikhede en selfs posisies van status in die samelewing. Een van die grootste verskille wat deur die wêreld aangevuur word, is “kultuur”. En ja, daar is inderdaad kultuurverskille waaraan mens kan vashou en op kan trots wees, want dit is hoe God ons geskape het. Net soos Hy ’n verskeidenheid van gawes gee.

Maar as “een nuwe mensheid”, het ons ook “een nuwe kultuur” wat strek oor al die ander grense. Dit is ’n Christelike kultuur. Dit wat ons van Christus leer in die Woord. En wanneer ons saamkom as Christene, wanneer ons KERK “IS” in die wêreld, dan behoort dit hierdie kultuur te wees wat sigbaar is. Binne-in hierdie Christelike kultuur, is daar ’n sekere manier hoe Christelike verhoudings behoort te funksioneer. En dit is wat Paulus in hierdie Skrifgedeelte uitlig.

“Wees onderdanig aan mekaar, uit ontsag vir Christus.”

Video Opname:

Junie 4, 2023

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.