Trek die volle wapenrusting van God aan en wees sterk in die Here.

Preekskets:

Wat beteken die wapenrusting van God vir jou?

Die wapenrusting is ’n baie bekende gedeelte in Efesiërs. Mense plaas dit op boekmerke en armbande. Mens sien dit op T-hemde en plakkate. Maar hoe trek jy dit “prakties” aan? Hoe benut jy die volle wapenrusting van God, “ten volle”? Wat is die doel daarvan werklik?

Omgord die heupe – WAARHEID
Die Borsplaat – GEREGTIGHEID
Die Skoene van bereidheid – EVANGELIE
Die Skild – GELOOF
Die Helm – VERLOSSING
Die Swaard – Die GEES en Die WOORD

Paulus vertel al 6 hoofstukke lank vir ons wat al hierdie dinge beteken. Nou vat hy hulle saam.

Video Opname:

Junie 11, 2023

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?