Streef daarna om Christus te ken, want Hy het jou reeds sy eie gemaak.

Preekskets:

Vandag sien ons weer die wonder van God se verbondsbeloftes wat deur die doop van ’n kindjie herbevestig word. God het van voor die skepping van die wêreld af al geweet wie Hy vir Homself uitgekies het.

Dit is ook die evangelieverkondiging wat ons vanmôre hoor uit Filippense. Paulus beklemtoon hoe dit Christus is wat ons reeds syne gemaak het, en daarom streef ons met ywer daarna om van harte vir Hom te lewe. Daar is net een pad, en dit is vorentoe na Christus toe.

Video Opname:

Januarie 22, 2023

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?