Laat Christus jou gesindheid wees.

Preekskets:

Gesindheid lê op die ou end aan die wortel van jou optrede.

Jou gehoorsaamheid – jou toegewydheid – jou bereidwilligheid – jou ingesteldheid…

Wat is liefde? Liefde is ’n gesindheid van omgee, toegee, oorgee – uiteindelik ’n bereidwilligheid om “alles” te gee. Liefde is ’n gesindheid wat fokus op die belange van ander. “Nie my wil nie Here, maar U wil…” Hierteenoor is selfsug ’n gesindheid van toe-eien, ont-eien of neem. ’n Totale fokus op die “self”. My waarde, my belange, my “wil”.

Die verskil tussen die twee lê in “waar” jy die waarde plaas. Op jou eie wil (jouself), of God se wil. Christus se voorbeeld is duidelik. “Hoewel Hy in die gestalte van God was, het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie, maar Hy het Homself daarvan leeggemaak, deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.”

Video Opname:

Januarie 15, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.