Laat Christus jou gesindheid wees.

Preekskets:

Gesindheid lê op die ou end aan die wortel van jou optrede.

Jou gehoorsaamheid – jou toegewydheid – jou bereidwilligheid – jou ingesteldheid…

Wat is liefde? Liefde is ’n gesindheid van omgee, toegee, oorgee – uiteindelik ’n bereidwilligheid om “alles” te gee. Liefde is ’n gesindheid wat fokus op die belange van ander. “Nie my wil nie Here, maar U wil…” Hierteenoor is selfsug ’n gesindheid van toe-eien, ont-eien of neem. ’n Totale fokus op die “self”. My waarde, my belange, my “wil”.

Die verskil tussen die twee lê in “waar” jy die waarde plaas. Op jou eie wil (jouself), of God se wil. Christus se voorbeeld is duidelik. “Hoewel Hy in die gestalte van God was, het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie, maar Hy het Homself daarvan leeggemaak, deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.”

Video Opname:

Januarie 15, 2023

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?