PROFEET VAN DIE HERE VOLUIT IN PAS MET DIE HEILIGE GEES

Preekskets:

Die gelowige moet weet hoe sy verlede verloop het. Hierdie verlede vertel van God se reddende genade in Jesus Christus. Dit sluit sy liefde in soos beskryf in Rom. 5.

Die gelowige moet weet wat die inwerking van hierdie reddende genade vir ons hier en nou inhou. Die belofte van die koms van die ander Trooster is immers vervul. Deur sy krag kom ek in diens van die Here as profeet (priester en koning).

Die gelowige moet weet wat die wonderlike roeping is waartoe die Here elkeen roep (hier en nou) en bekwaam gemaak het. Ek word opgewonde oor die vrug van die Gees in my lewe – liefde, blydskap en vrede!

Video Opname:

Junie 26, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.