PROFEET VAN DIE HERE VOLUIT IN PAS MET DIE HEILIGE GEES

Preekskets:

Die gelowige moet weet hoe sy verlede verloop het. Hierdie verlede vertel van God se reddende genade in Jesus Christus. Dit sluit sy liefde in soos beskryf in Rom. 5.

Die gelowige moet weet wat die inwerking van hierdie reddende genade vir ons hier en nou inhou. Die belofte van die koms van die ander Trooster is immers vervul. Deur sy krag kom ek in diens van die Here as profeet (priester en koning).

Die gelowige moet weet wat die wonderlike roeping is waartoe die Here elkeen roep (hier en nou) en bekwaam gemaak het. Ek word opgewonde oor die vrug van die Gees in my lewe – liefde, blydskap en vrede!

Video Opname:

Junie 26, 2022

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….