DIE KONINKRYK VAN GOD IS ‘n SAAK VAN GEREGTIGHEID, VREDE EN BLYDSKAP IN DIE HEILIGE GEES. MOENIE TOELAAT DAT ENIGIETS JOU FOKUS DAARVAN AFTREK NIE.

Preekskets:

Konflik! Wie van ons gaan deur die lewe sonder konflik? Hoe hanteer mens konflik? Waaroor gaan dit eintlik?

Laasweek het ons geleer: “Soek eers die koninkryk van God…” Maar waaroor gaan die koninkryk van God? Paulus leer ons: Die Koninkryk van God gaan oor Geregtigheid, en Vrede en Blydskap in die Heilige Gees. Moenie toelaat dat enigiets jou fokus daarvan aftrek nie.

Vra altyd eers: “Soek ek nou my eie eer…, of soek ek die Here se eer?”

Video Opname:

Junie 19, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.