PRIESTER VAN DIE HERE VOLUIT IN PAS MET DIE HEILIGE GEES

Preekskets:

Die gelowige moet weet hoe hy die gawes van die Gees moet benut.

Ons Christenskap behels dat ons deel het aan die salwing met die Heilige Gees net soos ons Here Jesus Christus. Alles kom uit die hand van die Here. Dit hou in: JY IS PRIESTER IN DIENS VAN DIE HERE. Die een groot eienskap van ‘n priester is dat hy dien! Hierdie dienswerk word gekenmerk deur drie deugde wat deel uitmaak van die vrug van die Gees. Dit is: lankmoedigheid, vriendelikheid en goedheid. Maar wat is dit? Hoe raak dit jou en my lewe?

In skrille kontras hiermee staan die werke van die vlees – jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap. Dit moet met volle inspanning beveg word.

Die Here leer ons met sy voorbeeld in woorde en dade om Hom en ons naaste voluit te dien.

Video Opname:

Julie 3, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.