PRIESTER VAN DIE HERE VOLUIT IN PAS MET DIE HEILIGE GEES

Preekskets:

Die gelowige moet weet hoe hy die gawes van die Gees moet benut.

Ons Christenskap behels dat ons deel het aan die salwing met die Heilige Gees net soos ons Here Jesus Christus. Alles kom uit die hand van die Here. Dit hou in: JY IS PRIESTER IN DIENS VAN DIE HERE. Die een groot eienskap van ‘n priester is dat hy dien! Hierdie dienswerk word gekenmerk deur drie deugde wat deel uitmaak van die vrug van die Gees. Dit is: lankmoedigheid, vriendelikheid en goedheid. Maar wat is dit? Hoe raak dit jou en my lewe?

In skrille kontras hiermee staan die werke van die vlees – jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap. Dit moet met volle inspanning beveg word.

Die Here leer ons met sy voorbeeld in woorde en dade om Hom en ons naaste voluit te dien.

Video Opname:

Julie 3, 2022

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?