VIND JOU VREUGDE IN DIE HERE, DAN SAL HY JOU GEE WAT JOU HART BEGEER.

Preekskets:

Voel dit soms of die wêreld se gewig op jou skouers lê?

Hoe lyk jou buurt se beurtkrag skudule? Die petrolprys is alweer op. Bedrog en korrupsie is daagliks in die nuus. Sien jy hoe dit voorspoedig gaan met kwaaddoeners en plunderaars wat geen agting vir ander het nie, en voel jy dan in jou binneste kwaad en omgekrap?

Wat wil jy graag hê moet gebeur?

In Psalm 37 sê Dawid: “Vind jou vreugde in die Here, dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer.”

Video Opname:

Julie 10, 2022

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?