Ware Godvresendheid lê geanker in Jesus Christus.

Preekskets:

Wanneer mens deur 1 Timoteus 3 se lys van “vereistes” vir ouderlinge en diakens lees, voel dit amper of dit eerder diskwalifiseer, as wat dit kwalifiseer…

Wie voldoen tog werklik aan ál hierdie vereistes? Wie is só Godvresend dat hulle eerlik kan antwoord en sê, “Ja, ek voldoen aan hierdie standaarde, ek is waardig.”

Is Paulus se doel hiermee om die standaard vir dienswerk in een van die ampte so hoog te stel dat dit amper onmoontlik is om te kwalifiseer? Maak hy hiervan ’n “super-eksklusiewe posisie” in die kerk? Beteken dit dat die persone wat wel dominees of ouderlinge of diakens is, op ’n baie hoër morele vlak as die res van ons is? Moet ek ’n dominee of ’n ouderling of ’n diaken wees om ’n plek in die kerk te hê?

Dalk is dit nodig om opnuut te vra: Wat presies is ’n ouderling en ’n diaken, en wie “kwalifiseer” daarvoor…….?

Dalk is dit nodig dat elkeen van ons opnuut selfondersoek doen en besin hieroor…. want net dalk…. is dit vandag die dag dat die Here jou roep om te besef, ook jy het ’n plek, ja… ook jy “kwalifiseer”.

Video Opname:

Februarie 16, 2025

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.