Ons is medewerkers van God, maar alles behoort aan Hom!

Preekskets:

Ons weet dat die Here aan elkeen van ons gawes gee, volgens die mate wat Hy dit wil gee. Dit plaas natuurlik ’n verantwoordelikheid op elkeen van ons, om met daardie gawes die Here te dien en verheerlik.

Maar dan gebeur die menslike ding… Ons begin ons gawes met mekaar vergelyk…

“Ek kan nie so goed lees nie… Ek kan nie so goed onthou of praat nie… My kennis is nie so goed soos iemand anders s’n nie… Ek het nie daai mooi gawe om te bid voor ander nie…”

Of die ander kant daarvan…

“Ek hou nie van daai een se manier van doen nie… Hierdie een is beter met dit of dat en ek verkies hierdie of daardie…”

Paulus spreek in 1 Korintiërs daardie gemeente sterk aan oor hierdie gesindheid in hulle midde. Dit gaan nie oor jou mindere of meerdere gawes wat jy het nie. Dit gaan oor wat jy met die gawes doen wat die Here vir jou gegee het, en dit gaan oor jou besef dat jy dit nie vir jouself, of uit jou eie vermoë doen nie. Dit gaan oor Hom. Want alles behoort aan Hom!

Video Opname:

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.