Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?
Bevestiging van ampsdraers
God leer sy kinders om hulle eie onvermoë te erken en hulle verlossing in Jesus Christus alleen te soek.
In Romeine 7:14 – 25 beskryf Paulus die werklikheid van die gelowige se voortdurende stryd met sonde. Hy sê: “Die goeie wat ek wil, doen ek nie; maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.” Tog is dit juis hierdie gedeelte wat wys dat die gelowige se verhouding tot sonde verander het. Paulus sê dat hy die kwaad haat, dat hy hom in sy diepste wese oor God se wet verbly en dat hy verlang om die goeie te doen. Die sonde is nog in hom teenwoordig, maar dit is nie meer sy koning nie.
Deur selfondersoek hoor ek Christus se uitnodiging om in geloof, nederigheid en dankbaarheid na sy tafel te kom.
In 1 Korintiërs 11:17-34 help Paulus die gemeente om te verstaan wat dit beteken om werklik by die Here se tafel te kom aansit. Die Nagmaal is nie bloot ’n kerklike gebruik of simboliese herinnering nie – dit is ’n heilige uitnodiging van Christus self.
Ons is medewerkers van God, maar alles behoort aan Hom!
Ons weet dat die Here aan elkeen van ons gawes gee, volgens die mate wat Hy dit wil gee. Dit plaas natuurlik ’n verantwoordelikheid op elkeen van ons, om met daardie gawes die Here te dien en verheerlik.
Die Nuwe Lewe, is om te lewe wat jy reeds in Christus gemaak is.
In hierdie gedeelte raak Paulus aan die praktiese uitvoering van die nuwe lewe wat ons nou moet lewe.