God se wet leer ons hoe verlore ons sonder Hom sal wees.

Preekskets:

Hoe sal ons verstaan dat ons verlore is, as ons nie ons sonde ken nie?

As daar nie ’n wet is nie, dan is daar seker ook nie ’n oortreding van die wet nie… As God nooit vir Adam en Eva gesê het dat hulle nie van die boom van kennis se vrugte mag eet nie, sou daar nooit ’n sondeval gewees het nie…

Dit is ’n morele dilemma! Want wie besluit dan wat is reg of verkeerd? Dit wat vir my reg “voel” kan dalk vir jou verkeerd “voel”, so hoe weet ons dan wie van ons twee reg is?

Die antwoord is duidelik: Daar moet ’n morele basis wees. ’n “Stel reëls” wat as norm dien vir almal. Anders, hoe sal ons tot ’n vergelyk kan kom?

Maar wat baat dit ons om dit alles te besef? Hoe troos dit my? Beteken dit nou dat ek op grond van hierdie morele basis my eie regverdigheid kan bepaal? Weereens, NEE. Want wie is daar wat waarlik regverdig is? Wie is daar wat die polisie polisieer as hulle deur korrupsie totaal deurspoel is? Kan ek met vuil hande iemand se gesig skoonmaak?

Kan u sien hoe die vrae net sal aanhou meer word? Sonder iets of iemand wat buite onsself apart staan, is daar vir ons geen betroubare maatstaf nie.

Video Opname:

Julie 30, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.