Die Here Jesus nooi uit – Kom na My toe.

Preekskets:

Die oordeel wat ons Here Jesus oor die onbekeerde stede uitgespreek het, staan in skrille kontras met die gebed wat Hy direk daarna bid.

In sy gebed val die nadruk op die innige verhouding wat daar tussen Seun en Vader bestaan. Dit is ‘n verhouding wat vir die mens oopgemaak (toeganklik) gemaak is.

Vanuit hierdie verhouding word die uitnodiging gerig. Kom na My toe! Belangrik om te weet, is:
• tot wie die uitnodiging gerig is,
• wat die uitnoding inhou,
• hoe ek dit my deel maak.

Besef dat Jesus Christus die uitnodiging uitspreek. Dit is Hy wat die teendeel van die uitnodiging so in uitermate gedra het. Hy is verwerp. Teenoor Hom is uitgeroep: Gaan weg van ons af! Uiteindelik het dit aan die kruis die swartpunt van duisternis en verlatenheid bereik. Omdat Hy dit geken en op Hom geneem het, roep Hy ons na sy oorwinning. Om sy
juk op te neem, word ons deel deur sy Gees wat Hy gee.

Video Opname:

Julie 16, 2023

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.