Die Here Jesus nooi uit – Kom na My toe.

Preekskets:

Die oordeel wat ons Here Jesus oor die onbekeerde stede uitgespreek het, staan in skrille kontras met die gebed wat Hy direk daarna bid.

In sy gebed val die nadruk op die innige verhouding wat daar tussen Seun en Vader bestaan. Dit is ‘n verhouding wat vir die mens oopgemaak (toeganklik) gemaak is.

Vanuit hierdie verhouding word die uitnodiging gerig. Kom na My toe! Belangrik om te weet, is:
• tot wie die uitnodiging gerig is,
• wat die uitnoding inhou,
• hoe ek dit my deel maak.

Besef dat Jesus Christus die uitnodiging uitspreek. Dit is Hy wat die teendeel van die uitnodiging so in uitermate gedra het. Hy is verwerp. Teenoor Hom is uitgeroep: Gaan weg van ons af! Uiteindelik het dit aan die kruis die swartpunt van duisternis en verlatenheid bereik. Omdat Hy dit geken en op Hom geneem het, roep Hy ons na sy oorwinning. Om sy
juk op te neem, word ons deel deur sy Gees wat Hy gee.

Video Opname:

Julie 16, 2023

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?