‘n Ware dissipel loop in die voetspore van die Here Jesus Christus.

Preekskets:

Ons almal noem onsself Christene, maar wat beteken dit om ’n Christen te wees? Wat moet jou lewe kenmerk as jy ’n Christen is?

’n Christen, is ’n volgeling van Christus. ’n Dissipel van van die Here Jesus Christus. So hoe reageer ek as die wêreld openlik Christus verwerp, en die Satan aanbid?

Jesus sê baie duidelik in Lukas 9: 22…die Seun van die Mens moet baie ly, deur die familiehoofde, leierpriesters en die skrifkenners verwerp en doodgemaak en op die derde dag opgewek word.” …en in vers 23As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg.

Om jouself te verloën, elke dag jou kruis op te neem, en die Here te volg, is nie aldag in hierdie lewe so maklik nie – maar dit is waartoe die Here jou roep as jy jouself ’n Christen noem. ’n Ware dissipel loop in die voetspore van die Here Jesus Christus.

Video Opname:

Februarie 12, 2023

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….