‘n Ware dissipel loop in die voetspore van die Here Jesus Christus.

Preekskets:

Ons almal noem onsself Christene, maar wat beteken dit om ’n Christen te wees? Wat moet jou lewe kenmerk as jy ’n Christen is?

’n Christen, is ’n volgeling van Christus. ’n Dissipel van van die Here Jesus Christus. So hoe reageer ek as die wêreld openlik Christus verwerp, en die Satan aanbid?

Jesus sê baie duidelik in Lukas 9: 22…die Seun van die Mens moet baie ly, deur die familiehoofde, leierpriesters en die skrifkenners verwerp en doodgemaak en op die derde dag opgewek word.” …en in vers 23As iemand My wil navolg, moet hy homself verloën, en elke dag sy kruis opneem en My volg.

Om jouself te verloën, elke dag jou kruis op te neem, en die Here te volg, is nie aldag in hierdie lewe so maklik nie – maar dit is waartoe die Here jou roep as jy jouself ’n Christen noem. ’n Ware dissipel loop in die voetspore van die Here Jesus Christus.

Video Opname:

Februarie 12, 2023

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.