Die mens in nood: ek het niemand… Is dit ‘n aanklag?

Preekskets:

Geliefdes in ons Here Jesus Christus, met die lees van ons Skrifgedeelte is daar sekere gedagtes wat jou dadelik aanspreek. Kom ons noem dit:
• Die woorde van die sieke wat al agt en dertig jaar aan sy kwaal gely het. EK HET NIEMAND! Hierdie woorde maak seer.
• Die tyd – dit was ten tye van ‘n Joodse fees in Jerusalem en almal was op pad om fees te vier. Vir meeste vanselfsprekend, maar ander was uitgesluit sonder dat dit enigiemand gepla het.
• Batesda – die plek in Jerusalem met die betekenis “Huis van genade”. Dit was sommer by die tempel en tog so ver verwyderd van die tempel, so ver dat niemand die man nog ooit gehelp het nie.
• Die man se aanklag en Jesus Christus ons Here wat daar is en luister, hoor en genees! Dit is aangrypend! Meteens is daar IEMAND op die sabbat, God se dag. Hy gee nuwe betekenis aan die fees van die Jode en die Sabbat. Hy staan daar as die Iemand wat na ons gekom het, opsoekend, reddend, genesend met die vraag vir elkeen: “Wil jy gesond word?”

Hy was die enigste wat niemand en Niemand gehad het. Sy roep aan die kruis sny hoendervleis deur jou: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” Sy belofte aan ons is “Ek is met julle tot aan die voleinding.”

Op ons reispad na die ewige fees in die nuwe Jerusalem, het ons die sekerheid dat Hy ons hand stewig vashou en deur sy Gees ons lei.

Video Opname:

Februarie 5, 2023

n

Ander Preke:

God bring vrede waar daar vyandskap was.

God bring vrede waar daar vyandskap was.

In Romeine 5 wys Paulus op die wonderlike vrug van regverdigmaking deur die geloof. Omdat Christus ons skuld gedra het, het ons nou vrede by God. Hierdie vrede is nie bloot ’n innerlike gevoel nie, maar die herstel van ons verhouding met God. Waar daar voorheen vyandskap was, het God deur Jesus Christus versoening bewerk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

God vervul sy beloftes, selfs wanneer dit onmoontlik lyk.

Ons leef almal tussen God se beloftes en die uiteindelike vervulling daarvan. Dit is juis in hierdie wagtyd dat geloof beproef word. In Romeine 4:13-25 wys Paulus dat Abraham nie deur die sigbare werklikheid geleef het nie, maar deur die vaste belofte van God. Menslik gesproke was daar geen rede om te verwag dat hy en Sara nog ‘n kind sou hê nie. Tog het Abraham bly glo, omdat hy oortuig was dat God doen wat Hy belowe.