MY LEWE Lê VOOR MY EN HIERIN IS GOD SE WOORD DIE SLEUTEL TOT MYSALIGHEID.

Preekskets:

Die lewensvraag: Wat maak jy met God se Woord in jou lewe? Lewensvraag – omdat die Here sy seën van verlossing uitspreek oor diegene wat sy woorde van harte opneem.
• Dit is die openbaring van God deur Jesus Christus aan Johannes oor dinge wat binnekort gaan gebeur want die tyd is naby!
• Dit is so belangrik om te besef dat Johannes hier getuig van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus – hy beklemtoon dat hy met gesag en in waarheid praat.
• Drie reaksies word beklemtoon oor wat God die Here van ons verwag oor sy getuienis of
profesie:
➢ Hierdie woorde moet gelees, voorgelees, hardop gelees word;
➢ Hierdie woorde moet gehoor word, daar moet dus werklik geluister word;
➢ Hierdie woorde moet bewaar word, in die hart en gedagtes gekoester word en dit aanwend as die GPS van jou lewe.
• Hieruit volg die rede waarom dit ‘n lewensvraag is: “want die tyd is naby.” Tyd is kosbaar en kan nie verkwis word nie. Dit moet uitgekoop, benut word!
• Die blye woord is dat Jesus Christus die openbaring van God ontvang. Die profesie wat vir die mens wat so wandel sê: Jy is salig, ‘n verloste. Jy kan met afwagting uitsien na die heerlikheid wat in Christus Jesus weggelê is.
• Jong seuns en dogters gryp die geleentheid. Maak hierdie goeie gebruik die kenmerk van julle lewenswandel.

Video Opname:

Mei 22, 2022

n

Ander Preke:

Die wil van die Here sal geskied.

Die wil van die Here sal geskied.

Hierdie verse in Handelinge 21 wys nie net Paulus se vasberadenheid nie, maar in besonder al die gelowiges se praktiese uitleef van die inhoud van die “Onse Vader” gebed.

God verwerf, versorg, en bou sy Kerk op.

God verwerf, versorg, en bou sy Kerk op.

In Paulus se afskeidsboodskap aan die ouderlinge van Efese is daar baie emosie betrokke. Hy verseker hulle dat hulle hom nie weer sal sien nie, en druk dit op hulle harte dat hulle verantwoordelik moet voortgaan met hulle bedieningsopdrag.