MY LEWE Lê VOOR MY EN HIERIN IS GOD SE WOORD DIE SLEUTEL TOT MYSALIGHEID.

Preekskets:

Die lewensvraag: Wat maak jy met God se Woord in jou lewe? Lewensvraag – omdat die Here sy seën van verlossing uitspreek oor diegene wat sy woorde van harte opneem.
• Dit is die openbaring van God deur Jesus Christus aan Johannes oor dinge wat binnekort gaan gebeur want die tyd is naby!
• Dit is so belangrik om te besef dat Johannes hier getuig van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus – hy beklemtoon dat hy met gesag en in waarheid praat.
• Drie reaksies word beklemtoon oor wat God die Here van ons verwag oor sy getuienis of
profesie:
➢ Hierdie woorde moet gelees, voorgelees, hardop gelees word;
➢ Hierdie woorde moet gehoor word, daar moet dus werklik geluister word;
➢ Hierdie woorde moet bewaar word, in die hart en gedagtes gekoester word en dit aanwend as die GPS van jou lewe.
• Hieruit volg die rede waarom dit ‘n lewensvraag is: “want die tyd is naby.” Tyd is kosbaar en kan nie verkwis word nie. Dit moet uitgekoop, benut word!
• Die blye woord is dat Jesus Christus die openbaring van God ontvang. Die profesie wat vir die mens wat so wandel sê: Jy is salig, ‘n verloste. Jy kan met afwagting uitsien na die heerlikheid wat in Christus Jesus weggelê is.
• Jong seuns en dogters gryp die geleentheid. Maak hierdie goeie gebruik die kenmerk van julle lewenswandel.

Video Opname:

Mei 22, 2022

n

Ander Preke:

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

Christus: Die Geestelike Water uit die Rots, vir ’n dors volk.

In Eksodus 17 bring die Here sy volk volgens sy eie bevel na ’n plek sonder water. Refidim is nie ’n ongeluk nie, maar ’n goddelike ontmoeting. Israel se dors wys die toestand van hulle hart — hulle verwyt Moses en vra: “Is die HERE in ons midde of nie?” (v.7). Hierdie vraag is nie net onsekerheid nie, maar is die diepste wortel van ongeloof. Dit is om God se karakter, trou en nabyheid te bevraagteken.

Christus: Die Hemelse Brood vir ’n honger volk.

Christus: Die Hemelse Brood vir ’n honger volk.

In Eksodus 16 bring God sy volk die woestyn in – nie om hulle te straf nie, maar om hulle te leer. Die volk kla omdat hulle honger is, en dan antwoord die Here met genade: “Kyk, Ek gaan vir julle brood uit die hemel laat reën…” (v.4) So openbaar Hy Homself as die God wat voorsien, selfs wanneer sy volk mor.

Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.

Deur die water van oordeel tot lewe in Christus.

Israel staan vasgekeer tussen die Farao se leër en die Rooi See — vasgevang tussen doodsvrees en waters van verlossing. Verblind deur vrees en twyfel kla hulle teenoor Moses en die Here, maar die Here antwoord hulle deur sy dienaar: “Moenie bang wees nie! Staan stil en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle gaan bewerk.” (v.13)