BRING MENSE NA JESUS TOE, SODAT HY HULLE DORS KAN LES MET LEWENDE WATER.

Preekskets:

In ons vorige preek het ons uit Kolossense 4 geleer dat ons woorde altyd van goeie smaak moet getuig, met sout besprinkel. Ons hoor iets van die gesegde: “Jy kan ʼn perd tot by die water bring, maar hom nie maak drink nie. Maar jy kan hom sout gee.

Met ander woorde, die inhoud van ons woorde, “die sout”, moet mense laat dors na die Here, sodat hulle self by Hom die lewende water kan kom soek.

Prakties beteken dit daardie “sout” is Christus. Ons moet van Hom getuig.

Vandag leer ons uit Jesus se gesprek met ʼn Samaritaanse vrou, hoe ons as gelowiges, mense na Hom toe kan bring deur ons getuienis, sodat Hy hulle dors kan les met lewende water.

Video Opname:

Mei 15, 2022

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….