JESUS HET VIR ONS VOLKOME VERSOENING GEDOEN IN ONS LEWENS.

Preekskets:

Ons vier vandag die Heilige Nagmaal van die Here. Die Nagmaal dien as ʼn herinnering en verkondiging van Jesus Christus se daad van versoening. Hoe Hy die prys vir ons versoening betaal het met sy liggaam en bloed.

Wanneer jy die simbool van die brood sien en deel neem daaraan, dink aan hoe die Here Jesus met sy liggaam betaal het vir jou sondes. Wanneer jy die simbool van die wyn sien en deelneem daaraan, dink aan hoe sy bloed gestort was sodat jy daardeur skoon gewas voor God kan staan.

Hy het eenmaal die volle prys betaal, sodat ons vir ewig met God versoen kan wees.

Video Opname:

Mei 29, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.