Laat U Wil geskied.

Preekskets:

Ons trek vandag in ons reeks oor gebed by die derde bede van die “Onse Vader gebed”.
Tot dusvêr het ons geleer dat ons gebede altyd begin met: die regte gesindheid, en die heiliging van God se Naam. Verder het ons geleer dat ʼn gebed wat sê: “Laat U koninkryk kom”, ook ʼn gebed is wat vra: “Here, regeer ons as ons koning, want ons wil aan U onderdanig wees.”
ʼn Gebed wat só lei, bring ons baie logies by die derde bede wat sê: “Laat U wil geskied”, want as ons onsself gewillig onder God se regering stel, dan is dit tog vanselfsprekend dat ons die opregte voorneme het om gehoorsaam te wees aan Sy wil.
Dit beteken – Ons moet sy wil ken, vir sovêr as wat Hy dit aan ons openbaar.

Video Opname:

Mei 5, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?