Laat U Koninkryk kom.

Preekskets:

Verlede Sondag het ons uit Psalm 115 gehoor hoe die Here ons leer dat sy Naam in alles geheilig moet word. Ongeag of dit in tye van blydskap of nood is, ons gebede begin altyd met die regte gesindheid voor Hom, en in alles eer ons sy Naam.
Ons lees dit ook hier in Daniël 2 wanneer Daniël bid, en sy gebed begin met die woorde: “Mag die Naam van God altyd geprys word”.
Dit bring ons dan op ʼn baie logiese wyse tot die tweede bede van die “Onse Vader” gebed. “Laat U koninkryk kom.” Want as jy glo in jou Vader wat in die hemel is, en jy bid met ʼn opregte voorneme dat sy Naam in alles geheilig sal word, dan is dit tog vanselfsprekend dat Hy die hoogste plek in jou lewe het. Die plek van die een ware Koning.

Video Opname:

April 28, 2024

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?