Laat U Koninkryk kom.

Preekskets:

Verlede Sondag het ons uit Psalm 115 gehoor hoe die Here ons leer dat sy Naam in alles geheilig moet word. Ongeag of dit in tye van blydskap of nood is, ons gebede begin altyd met die regte gesindheid voor Hom, en in alles eer ons sy Naam.
Ons lees dit ook hier in Daniël 2 wanneer Daniël bid, en sy gebed begin met die woorde: “Mag die Naam van God altyd geprys word”.
Dit bring ons dan op ʼn baie logiese wyse tot die tweede bede van die “Onse Vader” gebed. “Laat U koninkryk kom.” Want as jy glo in jou Vader wat in die hemel is, en jy bid met ʼn opregte voorneme dat sy Naam in alles geheilig sal word, dan is dit tog vanselfsprekend dat Hy die hoogste plek in jou lewe het. Die plek van die een ware Koning.

Video Opname:

April 28, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.