Na die ses bedes van die “Onse Vader” gebed, sluit die gebed af met ’n lofprysing wat God erken in alles wat ons pas van Hom gebid het.
Onse Vader
Lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose.
In die sesde bede van die Onse Vader gebed, leer Jesus ons om te bid: “Laat ons nie in versoeking kom nie, maar verlos ons van die bose.”
Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.
Dit is ʼn opregte soeke na ʼn lewe wat God se Naam heilig, in sy Koninkryk, volgens sy wil, sodat ons die genade wat Hy ons skenk ook kan uitleef teenoor ander.
God sál ons versorg. Tog wil Hy steeds hê ons moet bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.”
God wil en sál ons versorg met ons daaglikse brood, sodat sy Naam geheilig kan word, sodat sy koninkryk kan kom en sodat sy wil kan geskied.
Laat U Wil geskied.
As ons onsself gewillig onder God se regering stel, dan is dit tog vanselfsprekend dat ons die opregte voorneme het om gehoorsaam te wees aan Sy wil.
Dit beteken – Ons moet sy wil ken, vir sovêr as wat Hy dit aan ons openbaar.
Laat U Koninkryk kom.
As jy glo in jou Vader wat in die hemel is, en jy bid met ʼn opregte voorneme dat sy Naam in alles geheilig sal word, dan is dit tog vanselfsprekend dat Hy die hoogste plek in jou lewe het. Die plek van die een ware Koning.
Laat u Naam geheilig word.
Verlede Sondag het ons uit Psalm 50 gehoor hoe die Here ons leer om ons gesindheid reg te rig teenoor Hom wanneer ons in gebed voor Hom tree. Lof en dankbaarheid is die offer wat die Here wil hê. Nie uiterlike gebare of ondeurdagte woorde of optredes nie, maar ʼn opregte erkenning van wie Hy is en wat Hy vir ons gee.