Laat u Naam geheilig word.

Preekskets:

Verlede Sondag het ons uit Psalm 50 gehoor hoe die Here ons leer om ons gesindheid reg te rig teenoor Hom wanneer ons in gebed voor Hom tree. Lof en dankbaarheid is die offer wat die Here wil hê. Nie uiterlike gebare of ondeurdagte woorde of optredes nie, maar ʼn opregte erkenning van wie Hy is en wat Hy vir ons gee.

Daarom, wanneer die Here Jesus sy dissipels leer om te bid, begin Hy by die offer wat die Here wil hê. ʼn Erkenning van wie Hy is: “Ons Vader, wat in die hemel is”, en dan die eerste bede: “Laat U Naam geheilig word.”

Dit is ook presies waar die digter in Psalm 115 begin. Hy sê: “Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan U Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys.”

Video Opname:

April 21, 2024

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.