Gebed is die vernaamste deel van die dankbaarheidslewe wat God van jou verwag.

Preekskets:

In ons verhouding met die Here, soos in enige verhouding, is kommunikasie van kritiese belang. “Praat en luister”. Wedersydse kommunikasie! Wanneer ons luister, luister ons na God se Woord. Wanneer ons praat, doen ons dit deur sang en gebed.

In Psalm 50 leer die Here ons dat gebed die offer van lofprysing is wat ons aan Hom verskuldig is, en dat ons dit met die regte gesindheid moet doen. ʼn Gesindheid van dankbaarheid. In die kategismus bely ons dan dat gebed die vernaamste deel van ons dankbaarheid is wat God van ons eis. Die grootste deel van die dankbaarheidsoffer wat God van jou verwag, is GEBED!

Die belangrike plek van gebed in die lewe van ’n gelowige kan nie oorbeklemtoon word nie. Asemhaling bestaan nie net uit inasem nie, maar ook uitasem. Net so bestaan ’n verhouding nie net uit luister nie, maar ook praat.

Kom ons leer oor die volgende paar weke saam as gemeente wat presies ons “praat” behels.

Video Opname:

April 14, 2024

n

Ander Preke:

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

VERVOLGING, LYDING – WAT IS DIE SIN?

Vervolging en lyding toets jou geloof, veral omdat ek as mens dikwels nie enige sin kan uitmaak nie. Hieruit word die “waarom” en “hoekom” vrae gebore. Die agtergrond van die psalm kry ons in 1 Samuel 27:10. Daarin word vertel van Dawid as gevangene in Gat van die Filistyne. Dit was ‘n uitdagende tyd in sy lewe. Die toekoms was eintlik so winkend. Hy het Goliat verslaan en almal het kennis geneem van sy vertroue in God.

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Pinkster en die gelowige se stryd vandag

Die belofte is vervul en die Heilige Gees het gekom met duidelike tekens wat almal verstom het. Wat het die gebeure vir ons te sê in hierdie eeu? Ons kan baie sê oor die gawes wat die Heilige Gees oor ons uitgestort het! Maar wat van God se oordeel?