Gebed is die vernaamste deel van die dankbaarheidslewe wat God van jou verwag.

Preekskets:

In ons verhouding met die Here, soos in enige verhouding, is kommunikasie van kritiese belang. “Praat en luister”. Wedersydse kommunikasie! Wanneer ons luister, luister ons na God se Woord. Wanneer ons praat, doen ons dit deur sang en gebed.

In Psalm 50 leer die Here ons dat gebed die offer van lofprysing is wat ons aan Hom verskuldig is, en dat ons dit met die regte gesindheid moet doen. ʼn Gesindheid van dankbaarheid. In die kategismus bely ons dan dat gebed die vernaamste deel van ons dankbaarheid is wat God van ons eis. Die grootste deel van die dankbaarheidsoffer wat God van jou verwag, is GEBED!

Die belangrike plek van gebed in die lewe van ’n gelowige kan nie oorbeklemtoon word nie. Asemhaling bestaan nie net uit inasem nie, maar ook uitasem. Net so bestaan ’n verhouding nie net uit luister nie, maar ook praat.

Kom ons leer oor die volgende paar weke saam as gemeente wat presies ons “praat” behels.

Video Opname:

April 14, 2024

n

Ander Preke:

ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

ONTHOU JESUS CHRISTUS. GESTERF…BEGRAWE…OPGEWEK…VIR JOU!

Paulus se instellingswoorde vir die Nagmaal, is nie sy eie woorde nie, maar woorde wat Jesus aan hom en die ander apostels gegee het, met een eenvoudige opdrag: “Doen dit om My in herinnering te bring.” (…tot My gedagtenis…)