JESUS IS DIE WEG EN DIE WAARHEID EN DIE LEWE.

Preekskets:

Ons is besig om te kyk na Jesus se sewe “EK IS” uitsprake in die evangelie van Johannes.

Vandag fokus ons in die 6de uitspraak op Jesus wat sê: “EK IS die weg en die waarheid en die lewe.”

Hierdie keer hoor ons Jesus se uitspraak in ’n ander konteks. Geen wonderwerk en geen gelykenis. Slegs die suiwer feit. HY IS die WEG, die WAARHEID, en die LEWE.

Oor die “LEWE” het ons in sy vorige uitsprake duidelikheid gekry. Dit is die ewige lewe. Maar wanneer Jesus openbaar dat Hy die “WEG” en die “WAARHEID” is, is dit duidelik dat daar net een regte pad na die ewige lewe toe is, en dit is deur Hom.

Video Opname:

September 11, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.