JESUS IS DIE WEG EN DIE WAARHEID EN DIE LEWE.

Preekskets:

Ons is besig om te kyk na Jesus se sewe “EK IS” uitsprake in die evangelie van Johannes.

Vandag fokus ons in die 6de uitspraak op Jesus wat sê: “EK IS die weg en die waarheid en die lewe.”

Hierdie keer hoor ons Jesus se uitspraak in ’n ander konteks. Geen wonderwerk en geen gelykenis. Slegs die suiwer feit. HY IS die WEG, die WAARHEID, en die LEWE.

Oor die “LEWE” het ons in sy vorige uitsprake duidelikheid gekry. Dit is die ewige lewe. Maar wanneer Jesus openbaar dat Hy die “WEG” en die “WAARHEID” is, is dit duidelik dat daar net een regte pad na die ewige lewe toe is, en dit is deur Hom.

Video Opname:

September 11, 2022

n

Ander Preke:

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Deur Christus se opstanding leef ons, beweeg ons en bestaan ons.

Paasfees gaan nie oor hasies en sjokolade eiers nie. Dit gaan oor God se raadsplan wat onstuitbaar tot uitvoering gekom het. Dit gaan oor Jesus Christus se offer aan die kruis, Sy opstanding, Sy oorwinning oor die sonde en die dood. Dit gaan oor lewe!

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

CHRISTUS SE KRUIS – WAAR BEVIND EK MY?

Twee rowers en sondaars en tussen hulle die sondelose regverdige God en ons Verlosser! Hulle is saam met Hom en tog van mekaar geskei. Jesus Christus hang tussen hulle. Wat beteken dit vir jou en my?