Jesus sê: “Ek is die egte druiwestok en my Vader is die landbouer. Elke loot aan My wat nie vrug dra nie, sny Hy weg; maar elkeen wat vrug dra, snoei Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.”
Ek Is
JESUS IS DIE WEG EN DIE WAARHEID EN DIE LEWE.
Vandag fokus ons in die 6de uitspraak op Jesus wat sê: “EK IS die weg en die waarheid en die lewe.”
JESUS IS DIE OPSTANDING EN DIE LEWE.
Vandag fokus ons in die 5de uitspraak op Jesus wat sê: “EK IS die opstanding en die lewe.” Jesus wys dat Hy volle mag oor lewe en dood het.
JESUS IS DIE DEUR TOT DIE EWIGE LEWE EN DIE GOEIE HERDER WAT ONS DAARHEEN LEI.
Vandag fokus ons op Jesus wat sê: “EK IS die deur vir die skape” en “EK IS die goeie herder.” Hierdie keer doen Jesus nie ’n wonderwerk om sy openbaring uit te beeld nie, maar verduidelik dit deur middel van ’n gelykenis.
JESUS IS DIE LIG VIR DIE WÊRELD WAT LEWE GEE.
Vandag fokus ons op Jesus wat sê: “EK IS die lig vir die wêreld.” Weereens gaan hierdie uitspraak van Jesus saam met ’n wonderwerk. Hierdie keer waar Hy die sig van ’n blindgebore man genees.
JESUS IS DIE BROOD VAN DIE LEWE WAT WAARLIK VERSADIG.
Vandag fokus ons op Jesus wat sê: “EK IS die brood van die lewe.” Hierdie is nie alleen ’n stelling oor voeding nie, maar dit gaan in besonder oor hoe Jesus Homself openbaar as God wat nuwe lewe gee.