JESUS IS DIE EGTE DRUIWESTOK WAT SY LOTE LAAT WARE VRUG DRA.

Preekskets:

Vandag kyk ons na Jesus se sewende en laaste “EK IS” uitspraak volgens die evangelie van Johannes.

Jesus sê: “Ek is die egte druiwestok en my Vader is die landbouer. Elke loot aan My wat nie vrug dra nie, sny Hy weg; maar elkeen wat vrug dra, snoei Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.”

Hieruit leer die Here Jesus ons dat daar buite Hom geen lewe is nie. Soos wat ’n tak wat van ’n boom afgesny word gaan verdor en vrek, so is dit ook met ’n persoon wat nie in Jesus geanker bly nie. Buiten dat so tak/persoon nie die vermoë sal hê om vrug te dra nie, sal dit ook nie kan bly lewe nie. Elke loot wat nie vrug dra nie, sal afgesny word. Maar elke loot wat wel vrug dra, sal gesnoei word sodat dit nog meer vrug kan dra.

Video Opname:

September 18, 2022

n

Ander Preke:

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

God is altyd in beheer en getrou aan sy beloftes.

In die oproer in Efese sien ons God se hand van trou, as Hy Paulus bewaar teen potensiële vervolging. Selfs toe Paulus deur Sirië wou reis, lei God hom op ’n veilige pad. Als volgens God se wil en beloftes.

Met watter doop is jy gedoop?

Met watter doop is jy gedoop?

Ons ontmoet in die laaste deel van Handelinge 18 vir Apollos. ’n Welsprekende man wat goed onderlê was in die Skrifte. ’n Leraar wat die mense in Efese onderrig het aangaande Jesus. Maar een ding het nog ontbreek…. sy verstaan van die doop….