JESUS IS DIE EGTE DRUIWESTOK WAT SY LOTE LAAT WARE VRUG DRA.

Preekskets:

Vandag kyk ons na Jesus se sewende en laaste “EK IS” uitspraak volgens die evangelie van Johannes.

Jesus sê: “Ek is die egte druiwestok en my Vader is die landbouer. Elke loot aan My wat nie vrug dra nie, sny Hy weg; maar elkeen wat vrug dra, snoei Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.”

Hieruit leer die Here Jesus ons dat daar buite Hom geen lewe is nie. Soos wat ’n tak wat van ’n boom afgesny word gaan verdor en vrek, so is dit ook met ’n persoon wat nie in Jesus geanker bly nie. Buiten dat so tak/persoon nie die vermoë sal hê om vrug te dra nie, sal dit ook nie kan bly lewe nie. Elke loot wat nie vrug dra nie, sal afgesny word. Maar elke loot wat wel vrug dra, sal gesnoei word sodat dit nog meer vrug kan dra.

Video Opname:

September 18, 2022

n

Ander Preke:

God se Woord het nie gefaal nie.

God se Woord het nie gefaal nie.

Vanaf hierdie Sondag af begin ons met Romeine 9 tot 11. Paulus behandel hier ’n moeilike vraag: As so baie Israeliete Jesus Christus verwerp het, het God se beloftes aan Israel dan misluk?

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

God dra sy kinders deur lyding tot by heerlikheid.

Die Nagmaal herinner ons aan die vaste grond van ons hoop: Jesus Christus het sy lewe vir ons gegee en ons met God versoen. Tog leef ons steeds in ’n wêreld van versoeking, lyding, swakheid, verlies en dood.